News
Jong man dood na bakkie hom tref
’n Jong man is vanoggend dood toe hy deur ’n bakkie omgery is.
Die ongeluk het in die hoofstraat van Letsitele in Limpopo (sowat 30 km suid van Tzaneen) plaasgevind.
Volgens ER24 het die bakkie op sy sy gelê met die man onder die agterkant van die voertuig vasgekeer.
Met paramedici se aankoms op die toneel het die man reeds aan sy beserings beswyk.
Die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie.Die polisie ondersoek die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



