News
Vrou dood na voertuig haar tref
'n Vrou (35) is gisteraand dood na sy vermoedelik van 'n vragmotor afgeval en toe deur 'n motor raakgery is.
Volgens Netcare 911-woordvoerder, Nick Dollman, het die voorval gisteraand omstreeks 21:15 op die N5, sowat 10km buite Kestell, plaasgevind.
Die vrou het veelvuldige beserings opgedoen.
Die insittendes van die voertuig was erg geskok, maar het geen beserings opgedoen nie.
Daar word vermoed dat die vrou agterop die vragmotor gery het.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



