News

Motorfietsryer sterf op R42

VANDERBIJLPARK - 'n 24-jarige motorfietsryer is gister dood na hy in 'n ongeluk op die R42 tussen Vereeniging en Vanderbijlpark betrokke was.

Die motorfietsryer is aan Vaalweekblad as Matthew Alexander, van Johannesburg, bekend.

Hy wou glo ‘n voertuig verbysteek toe die bestuurder van die Mercedes Benz  bane gewissel het met die gevolg dat hy in Alexander vasgery het. Alexander het beheer oor sy motorfiets verloor.

Alexander was ‘n lid van die ARC Warriors.

Die voorval word ondersoek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button