News
13-jarige beseer in Meyerton-ongeluk
MEYERTON. - Twee mense, insluitend 'n 13-jarige seun, is beseer tydens 'n ongeluk vanoggend tussen 'n voertuig en motorfiets in Pierneef-boulevard, Meyerton.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 07:44 by die toneel aangekom waar hulle die voertuig in die linkerkanste baan aangetref het en die bestuurder van die motorfiets langs die motorfiets.
Twee pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na Kopanong-hospitaal vir verdere mediese sorg geneem is.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



