‘Zuma’ laat Vanderbijl in sak en as
VANDERBIJLPARK. – Onder die dekmantel van die “Vote of no confidence in Zuma” protesoptogte wat vandag landwyd plaasvind, het moeilikheidmakers die kans met beide hande aangegryp om te breek en brand.
Sedert vroegoggend het moeilikheidmakers op ‘n barbaarse wyse Frikkie Meyer-boulevard, vanaf die verkeerslig wat met Delfos-boulevard kruis, vir verkeer toegehou deur massiewe klippe in die pad te rol, bande en ander goed in die pad te brand, asook enige lamppaal en verkeerslig wat hul kon sien af te breek en te gebruik om die pad te versper.
Die pad is nie veilig vir motoriste nie en inwoners word gemaan om eerder uit hierdie area te bly vir tyd en wyl. Kwaadstokers was vroegoggend deur die middedorp ook en het van die betonasblikke losgebreek en in die pad gerol. Dit is egter tans rustig in die middedorp hoewel die optoggangers onderweg is na die munisipaliteit.



