[Video] Seun rand meisie aan
'n Video waarin 'n skoolseun 'n skoolmeisie geweldadig aanrand het soos 'n veldbrand op soiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die seun die meisie slaan, waarna sy val en hy haar dan begin skop.
Die departement van basiese onderwys het Donderdag gesê hy het met “afgryse en skok” bewus geword van ʼn gewelddadige video wat op sosiale media versprei word.
Volgens Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het die voorval vermoedelik by ‘n skool in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Mhlanga het gesê die departement veroordeel dié tipe geweld ten sterkste en sulke optrede sal nie binne die skoolomgewing geduld word nie.
Die departement is tans besig met ʼn ondersoek om vas te stel by watter skool die voorval plaasgevind het en sal toesien dat die strengste optrede moontlik teen die leerder geneem word.
Bron: Maroela Media
Kyk video hier:



