Donker dag wag vir V.S.A.
Maandag 21 Augustus gaan vir baie Amerikaners en ander inwoners in die Noordelike halfrond 'n donker dag wees weens die Sonsverduistering wat plaasvind.

Maandag 21 Augustus gaan vir baie Amerikaners en ander inwoners in die Noordelike halfrond ‘n donker dag wees weens die Sonsverduistering wat plaasvind.

Foto: Rick Fienberg, TravelQuest International enWilderness Travel
Dele van die V.S.A. gaan ten minste ‘n volle drie minute ‘n algehele sonsverduistering ervaar. Lincoln Beach, Oregon tot by Charleston in SuidCarolina gaan heelwaarskynlik die beste ervaring hê. Die laaste algehele verduistering in die V.S.A. was in 1979.
Hierdie is een van moeder natuur se mees aanskoulike gebeurtenisse wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die inwoners van die Noordelike halfrondte wat insluit dele van Afrika, Suid-Amerika en Europa gaan op die dag dit kan waarneem. Ons in Suid Afrika gaan egter nie die voorreg beleef nie maar ons troosprys was darem op 7 Augustus met die gedeeltelike maansverduistering.

Illustrasie: NASA




