CommunityLocal newsNews
Jongste nuus oor verdwene skoolbussie en drywer
Skoolhoof sê wat die huidige stand van sake is.
VANDERBIJLPARK. – Gerugte dat die Laerskool Vaalrivier se skoolbussie, wat sedert gisteraand saam met die busbestuurder, mnr. Braam Botha, vermis word, gevind is, is ongelukkig vals.
Gerugte doen die rondte op Facebook dat die bussie naby Nasrec aan die Rand gevind is, maar volgens die skoolhoof, mnr. Henru Read, is die bussie nog nie gevind nie.
Mnr. Read is deurgaans in verbinding met die polisie maar tot dusver is daar geen verdere nuus nie.
Die polisie volg alle moontlike leidrade op. Vaalweekblad sal so gou as moontlik daaroor berig indien verdere inligting bekend word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



