News

Ondersteun Eurekaskool vir Loslitdag

Loslitdag het oor die jare 'n gunsteling geword op Suid-Afrikaners se kalender. Dit is ook die grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek in die land vir persone met gestremdhede.

Vanjaar vier ons Loslitdag op 1 September met die tema “Celebrate Diversity with Persons with Disabilities”.

 

Die National Council of Persons with Disabilities (NCPD) se doelwit is om vanjaar R30 miljoen in te samel na hulle verlede jaar R28.6 miljoen ingesamel het.

 

Eurekaskool in Vereeniging het in 2016 vyfde in Gauteng geëindig as skool (instansie) wat die meeste fondse vir Loslitdag ingesamel het. Die jaar wil hulle graag eerste eindig, maar daarvoor het hulle die hulp van die gemeenskap nodig.

 

Dit is redelik eenvoudig om Eurekaskool met Loslitdag te ondersteun, want al wat jy hoef te doen is om jou plakker by hulle aan te koop.

 

Besighede en individue word gevra om hul Loslitdag-plakkers by Eurekaskool aan te koop teen R10 een. Skakel gerus Santie van Tonder by 073 181 4096.

 

Die hoof van Eurekaskool, dr. Amanda Lombard en Santie van Tonder saam met die span van Loslitdag.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button