News

Vrou kritiek beseer in Pierneef-ongeluk

MEYERTON. - Drie mense is beseer in 'n ongeluk tussen twee voertuie gisteraand in Pierneef-Boulevard. 

Met die aankoms van paramedici van ER24 en brandweermanne van Midvaal Brandweer op die toneel het hulle beide voertuie in die middel van die pad aangetref.

Na hulle ondersoek ingestel het, het hulle besef ‘n vrou is vasgekeer in die bestuurdersitplek van die voertuig. Gespesialiseerde toerusting is ingespan om haar uit die wrak te bevry. Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ‘n kritieke toestand per helikopter hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

 

Die bestuurder van die ander voertuig het geringe beserings opgedoen en hospitaal toe geneem, terwyl ‘n jong meisie, vermoedelik die dogter van die vrou wat kritiek beseer is, ook hospitaal toe geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button