Twee van Vaal neem Talent America op horings!
Twee Del Arté-deelnemers wat na afloop van 2016 se verrigtinge aan Talent Africa 2017 se nasionale kompetisie deelgeneem het, is in die Suid-Afrikaanse span opgeneem wat onlangs in New York aan Talent America deelgeneem het.
VEREENIGING. – Die jaarlikse Del Arté Eisteddfod wat deur Laerskool Unitaspark aangebied word, is tans weer in volle gang.
Twee Del Arté-deelnemers wat na afloop van 2016 se verrigtinge aan Talent Africa 2017 se nasionale kompetisie deelgeneem het, is in die Suid-Afrikaanse span opgeneem wat onlangs in New York aan Talent America deelgeneem het.
Tydens die internasionale kompetisie het Chanté Oosthuizen van Vereeniging 10 eerste plekke en twee tweede plekke behaal in die Model-afdeling, waar sy onder meer aangewys is as die Top Algehele Model van Talent America 2017.
Jean Pierre Fourie van Sasolburg het op sy beurt weggestap met die International High Scorer Award. Talent Africa werk weer hierdie jaar saam met Del Arté Eisteddfod en alle leerlinge wat ‘n A++ of A+ simbool by die kunsfees behaal en gekeur word deur die beoordelaars, kan van 2 tot 8 April 2018 aan die nasionale ronde in Roodepoort deelneem, waartydens hulle die kans staan om vir die Suid-Afrikaanse span gekies te word.
Hulle staan dan ook ‘n kans om ‘n volbetaalde toer te wen om in New York aan Talent America deel te neem.




