News

Dit is hoekom ons paaie só lyk

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê hulle erken dat die infrastruktuur van paaie dringend aandag kort en dat daar vele slaggate in die paaie is en ook paaie wat geheel en al oor gebou sal moet word.

Een van die redes is dat die paaie verouderd is en oor ‘n lang tydperk nie instand gehou is nie. Die ander rede is die tekort aan finansiële hulpbronne om die paaie in stand te hou.

Die munisipaliteit het egter sewe kontrakteurs aangestel wat reeds met herstelwerk aan die paaie begin het. Daar is reeds aan paaie in Bedworthpark gewerk asook sekere dele van Drie Riviere-Oos.

Die herstelwerk word in samewerking met besighede wat bekommerd oor die paaie is, gedoen.  Die munisipaliteit beoog om die herstelwerk te voltooi voor die somer reënval.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vra dat inwoners hul rekeninge vir munisipale dienste te betaal sodat die munisipaliteit volhoubare, doeltreffende en effektiewe dienste kan lewer. Inwoners van Emfuleni skuld die munisipaliteit sowat R5 biljoen en dit het ‘n negatiewe impak op die finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit.

Indien jy jou agterstallige rekening wil betaal of reëlings wil tref skakel 016 950 5109 of besoek die kliënte sentrum by die OK Gebou in President Krugerstraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button