News
V’ging-man tronk toe vir kinderverkragting- en pornografie
VEREENIGING. - 'n Man wat tereg gestaan het op vier aanklagtes wat verband hou met kinderverkragting en kinderpornografie is vandag in die Vereenigingse streekhof tot 53 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die man is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die seksuele aanranding van ‘n 10-jarige dogtertjie, lewenslank vir die herhaalde verkragting van ‘n ander 10-jarige dogtertjie, agt jaar gevangenisstraf vir die vervaardiging van kinderpornografie en ‘n verdere 10 jaar vir die besit van 517 kinderpornografiese foto’s wat van die internet afgelaai is.
Die soort misdrywe vul die hof met afsku. Die kinders se onskuld is vir altyd weg en u dade gaan vir altyd by hulle spook,” het regter Retha Willemse aan die beskuldigde gesê voor sy vonnisoplegging.
- Lees volledige berig in Vaalweekblad (30 Augustus)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



