News

Fetus in koerantpapier toegedraai en weggegooi

'n Fetus, toegedraai in koerantpapier, is gister in Kempton Park in 'n asblik gevind.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24 het paramedici net na 11:00 by die toneel in Margaretlaan gekom en die fetus langs die asblik gevind.

‘n Skoonmaker het op die fetus afgekom terwyl sy besig was om die asblik leeg te maak.

Paramedici kon niks vir die vroulike fetus doen nie. Die fetus was na raming sowat sewe maande ontwikkel.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button