News

[VIDEO] Kar bots met trein

Vier mense is beseer toe 'n terin met 'n voertuig op 26 Augustus in Tarlton in Krugersdorp gebots het.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel net na 11:00 was al die insittendes van die voertuig buite die voertuig.

Paramedici het ondersoek ingestel en die beseerdes op die toneel behandel. Sommige het geringe beserings opgedoen, terwyl ander ernstige beserings opgedoen het.

Een vrou is per helikopter na Lenmed Randfontein gevlieg vir verdere mediese sorg, terwyl die ander pasiënte per ambulans hospitaal toe vervoer is.

Die voorval word ondersoek.

Kyk video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button