News

Vrou aan die brand gesteek

'n Vrou van Pretoria is in die vroeë oggendure van Sondag aan die brand gesteek.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare 911 het die voorval in die nedersetting in die Kwaggasrand-omgewing plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel is ʼn vlambare vloeistof, vermoedelik petrol, oor die slagoffer gegooi en sy is aan die brand gesteek. Die presiese omstandighede oor die voorval is onbekend en word ondersoek,” het Dollman gesê.

Die vrou het erge brandwonde opgedoen en is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button