News

13 Skoolkinders beseer toe beweerde dronkbestuurder in boom vasry

13 Skoolkinders is beseer na ’n minibus-taxibestuurder sy voertuig Maandagoggend teen ’n boom gebots het. 

Die ongeluk het in Meadowlands, Soweto gebeur.
Die bestuurder is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Hoof-superintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van Johannesburg se Metropolisie, sê die kinders, wat almal ongeveer sewe jaar oud is, is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

 

“Die bestuurder van ’n VW Kombi wat kinders skool toe vervoer het, moes vanoggend net ná 07:00 in hegtenis geneem word vir bestuur onder die invloed van alkohol.”

 

Die bestuurder sal na verwagting Maandag op aanklagte van dronk- en nalatige bestuur in die landdroshof in Meadowlands verskyn.

 

BRON: News24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button