Vermiste vrou se liggaam in vlak graf gevind
Die ontbinde liggaam van ʼn vermiste vrou van Witrivier in Mpumalanga is Maandagoggend in ʼn vlak graf in 'n veld buite die dorp, gevind.

Volgens sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het ‘n man wat vee in ʼn veld in die Kabokweni-omgewing laat wei, op die vrou se liggaam afgekom nadat hy bewus geraak het van ʼn onaangename reuk. Hy het ondersoek ingestel en liggaamsdele bo die grond sien uitsteek.
Die polisie is ontbied en hulle kon op die toneel vasstel dit is die liggaam van ʼn vrou. Sy is later as Thembelihe Base geïdentifiseer wat sedert 10 Augustus vermis was.
Die oorledene is die aand voor haar vedwyning saam met ‘n 26-jarige man gesien. Hy is in verband met haar moord in hegtenis geneem en sal binnekort in die Kabokweni-landdroshof verskyn.



