Lyk in plaasdam gevind
ʼn Inwoner van Kruitfontein in die Magaliesburg-omgewing aan die Wes-Rand het op ʼn liggaam afgekom toe hy gaan visvang het.

Die polisie is Sondag omstreeks 15:00 na die plaasdam ontbied na ‘n plaaslike inwoner by die dam stilgehou het om vis te vang toe hy opmerk iets dryf in die water.
Hy het ondersoek ingestel en vasgestel dit is ‘n liggaam.
Polisieduikers en beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid het die ligaam uit die water gehaal.
Die liggaam is die van ‘n vrou tussen die ouderdom van 25 en 40 jaar. Bewyse wat op die toneel gevind is dui daarom dat sy moontlik wreed vermoor is.
Die Magaliesburg-polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Enige persoon met inligting kan die polisie by 014 577 5106/5115 skakel.



