News

Bekende pretpark maak sy hekke toe

Ratanga Junction, die Wes-Kaap se grootste pretpark, gaan ná 18 jaar amptelik sy hekke sluit.

Die Rabie-eiendomsgroep, wat die park in Junie 2005 geopen het, het dié nuus bevestig en gesê die park gaan op 1 Mei 2018 toemaak en die terrein gaan herontwikkel word.

Volgens die eiendomsgroep se direkteur, John Chapman, is die beplanning nog in ‘n vroeë stadium, maar die bestaande kanale, eilande en openbare ruimtes gaan benut word om plek te maak vir woonstelle, kantore, restaurante en ander ondernemings.

 

Die te groot geriewe, onvoldoende belangstelling, die Kaapse weerstoestande en die duur onderhoudskoste het bygedra tot ’n verlies aan wins.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button