News

Moenie stop vir die pop

VANDERBIJLPARK. - 'n Vreemde verskynsel het sy kop in Vanderbijlpark uitgesteek toe 'n pop in die middel van die pad opgemerk is.

Die Community Support Forum (CSF) het egter inwoners op hul Facebook-blad gewaarsku om nie te stop wanneer hulle ‘n pop iewers in die pad sien lê nie.

Die pop lyk amper nes ‘n baba en die taktiek kan moontlik deur booswigte gebruik word om voertuie te kaap.

Dié pop het by die verkeersirkel by die brandweer gelê en is intussen verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button