Local newsNewsNews

Liggaam nog steeds soek – Dag 4

Liggaam nog steeds soek - Dag 4

BARRAGE. – Die polisie het vandag Woensdag 6 September, nog steeds na die liggaam van die Wesrandse man gesoek.

Die SAPD watervleul, Barrage polisie, die Wesrand- en Vaalrand se K9 Search and Rescue eenheid soek al die afgelope vier dae na die liggaam van Adriaan Haasbroek (29), wat vermoedelik Saterdagoggend in die Vaalrivier langs Vaaloewer, op die plaas Rotsdrif, verdrink het.

Adriaan het saam vriende die afgelope naweek by die oord langs die rivier gekuier toe hy blykbaar in die vroeë oggend-ure gou ‘n draaitjie moes gaan loop. Hy het egter op onverklaarbare wyse in die water beland.

Vandag is weereens die hulp van hommeltuie, snuffelhonde, die polisie helikopter asook die vastevlerk vliegtuig van die polisie gebruik om die area te fynkam.

Die soektog hervat Donderdag 7 September.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 13 SEPTEMBER.

FOTOS en VIDEO – JANNIE DU PLESSIS

DCIM100MEDIADJI_0011.JPG
DCIM100MEDIADJI_0750.JPG

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button