News

Vrou dood na voertuig met boom bots

'n 35-jarige vrou is gisteraand dood na die voertuig waarmee sy gery het teen 'n boom gebots en aan die brand geslaan het.

Die voorval het op die R554, net na die N3-brug, in Alberton plaasgevind.

Paramedici van ER24 het om 22:15 by die toneel aangekom, maar die voertuig was al byna uitgebrand. Kort na hul aankoms het die brandweer opgedaag en die brand geblus.

Die vrou is deur lede van die publiek uit die voertuig gehaal kort na die ongeluk.

Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die vrou se lewe te red, maar sy is weens die aard en erns van haar beserings dood.

Die voorval word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button