CommunityLocal newsNews
Verkoolde lyke verdagte vandag in hof
VEREENIGING. - Die verdagte in die verkoolde lyke moordsaak, Darren Maree, verskyn vandag in die hof in Vereeniging. Maree het ten tyde van die moord 'n woonstel op die perseel van Willem (61) en Isa Swart (65) van Henrystraat in Risiville, gehuur. Die Swart egpaar het Woensdag 12 Julie, na ‘n week se vakansie in Nelspruit, tuis aangekom en dieselfde dag verdwyn. Die verdagte kon weens die DNS-uitslae nie dadelik gearresteer word nie en is verlede week in hegtenis geneem. Volgens die ondersoekbeampte in die saak, A/o Francois Alberts, is die verwagting dat Maree vandag gaan pleit.
VEREENIGING. – Die verdagte in die verkoolde lyke moordsaak, Darren Maree, verskyn vandag in die hof in Vereeniging.
Maree het ten tyde van die moord ‘n woonstel op die perseel van Willem (61) en Isa Swart (65) van Henrystraat in Risiville, gehuur. Die Swart egpaar het Woensdag 12 Julie, na ‘n week se vakansie in Nelspruit, tuis aangekom en dieselfde dag verdwyn. Die verdagte kon weens die DNS-uitslae nie dadelik gearresteer word nie en is verlede week in hegtenis geneem.
Volgens die ondersoekbeampte in die saak, A/o Francois Alberts, is die verwagting dat Maree vandag gaan pleit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



