Massiewe abnormale vragte deur Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK. - Vier abnormale vragte het vanmiddag 20 September 'n draai verby Vanderbijlpark gemaak. Die vier myn "dumpers" het gesorg vir 'n opeenhoping van verkeer op die R42 vanaf Barrage se rigting en het noord gedraai by die kruising van die dood op die R57 rigting Johannesburg. 'n Hele aantal ondersteuningsvoertuie asook verkeersmotors het die vier bulle vergesel. Ongelukkig is die eindbestemming onbekend. Personeel moes verskeie plekke telefoondrade lig om hierdie menere onderdeur te laat ry. Die vier menere lê op hul pense op lae bed vragmotors en loop feitlik twee bane wyd. KYK GERUS DIE VIDEO!!!
VANDERBIJLPARK. – Vier abnormale vragte het vanmiddag 20 September ‘n draai verby Vanderbijlpark gemaak.
Die vier myn “dumpers” het gesorg vir ‘n opeenhoping van verkeer en verbaasde oop monde op die R42 vanaf Barrage se rigting en het noord gedraai by die kruising van die dood op die R57 rigting Johannesburg. ‘n Hele aantal ondersteuningsvoertuie asook verkeersmotors het die vier bulle vergesel. Ongelukkig is die oorsprong en eindbestemming onbekend. Personeel moes verskeie plekke telefoondrade lig om hierdie menere onderdeur te laat ry. Die vier bulle lê op hul pense op lae bed vragmotors en loop feitlik twee bane wyd. Volgens nuwe inligting kom hulle van Kathu af en is oppad Mpumalanga toe. Hulle het die Vrydag voor dit vertrek en kan slegs 60km p/h ry. Een van die mine dumpers alleen weeg 150 ton
KYK GERUS DIE VIDEO!!!
Video: Jannie du Plessis



