Dié week in die nuus
Dié week se uitgawe van Vaalweekblad is nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar. Dit sluit hierdie week 'n bonus Engelse koerant in en is 'n ware winskoop teen slegs R5-40. Koop Vaalweekblad en stel ons sodoende in staat om GRATIS daaglikse nuus op Vaalweekblad Facebook en www.vaalweekblad.com aan ons lesers te bied

Retha Fitchat
* Die superfikse liggaamsbouer, Monique van Emmenis (27) wat groot sukses in dié sport behaal het, sterf onverwags.
* ‘n Kleutertjie van die Zamdela-omgewing word verkrag en vermoor. Die gesin se buurman is as verdagte gearresteer.
* Darren Maree (40) wat ‘n tuinwoonstel by die vermoorde Willem en Isa Swart in Risiville gehuur het, is weer in die hof op twee aanklagte van moord en motordiefstal.
* Dit lyk of Emfuleni voorlopig ‘n nuwe beurtkrag-nagmerrie wat in Oktober sou begin, afgeweer het.
* Cupcakes of Hope behaal ‘n splinternuwe Guinness World Record met die hoogste toring vol kolwyntjies (cupcakes).
* Die Vaal Voëlklub nooi alle belangstellendes uit na ‘n praktiese inleiding tot voëlidentifikasie. Dit vind plaas op Saterdag 7 Oktober.
* Ontmoet oom Dirk Klynsmith (81) wat agt tale gemaklik kan praat!
* Kyk hoe het ons streek se talentvolle kinders by Del Arté se gala-aand geskitter.
* Ouers wie se kleingoed ingeskryf is vir President Hyper, Chilli PicNic en Vaalweekblad se groot babawedstryd, kyk of hulle foto’s in vandag se uitgawe verskyn en begin stem vir hulle!
Sport:
* Die Sedibeng Krieketraad het vroeër vandeesmaand sy prysuitdeling gehou. Kyk watter sportmanne is almal vereer.
* VEREENIGING. – Die D7-hokkie eindstryde het verlede week by Arconpark Primary vir groot opwinding gesorg.
* VANDERBIJLPARK. – On Saturday Vibrant Community will be hosting the Kainos Cross Country Fun Run and Spring Market. Runners and walkers are welcome. Race day entries open at 08:00. The race starts at 09:30. For more information contact Heinrich Mienie on 083 289 1892 or Marianna Jensen on 083 287 8076.
Dié berigte en veel meer in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad!



