CommunityLocal newsNewsPhoto GalleriesSchools

Nuwe adjunkhoof vir LS Vaalrivier

Hy het onderwys as loopbaan gekies omdat hy ‘n verskil in jongmense se lewens wil maak

 

Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Vaalrivier spog met ‘n nuwe adjunkhoof. Mnr. Schalk van Rensburg is ‘n boorling van Bloemfontein en het aan Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer.

Hy het onderwys aan die Universiteit van Pretoria studeer en sy onderwysloopbaan by Laerskool Nelspruit in Nelspruit begin. Hy is op die ouderdom van 32 jaar as departementshoof by Leeuwspruit Primary in Sasolburg aangestel. Mnr. Van Rensburg is ook die laaste twee jaar by die Valke Laerskole Rugbyunie as afrigter en keurder betrokke. Volgens hom is dit ’n voorreg om deel te wees van iets groter as hyself.

Hy het onderwys as loopbaan gekies omdat hy ‘n verskil in jongmense se lewens wil maak. Laerskool Vaalrivier se personeel, ouers en leerlinge is trots om hom as deel van die skool se bestuurspan te kan hê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button