News

Ses dood toe bakkie onder trok beland

Ses mense is dood in 'n tropmop botsing, buite Kimberley in die Noord-Kaap.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het die botsing omstreeks 07:30 sowat 35 km buite die dorp gebeur. Volgens Tawana het ʼn Opel Corsa-bakkie en ʼn vragmotor reg van voor gebots en het die bakkie gedeeltelik onder die vragmotor beland.

Al die insittendes van die bakkie was in die voertuig vasgekeer en op die toneel dood verklaar.

Die vragmotorbestuurder en twee van sy passasiers het beserings opgedoen en hospitaal toe geneem.

Meganiese toerusting is gebruik om die liggame van die oorledenes uit die voertuigwrak te verwyder.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button