Local newsNewsNews

In tere herinnering aan Jan Schreüder

Die Schreüder-familie van die Vaaldriehoek stuur dié mooi briefie na die afsterwe van Jan, wat deur baie inwoners van die Vaaldriehoek as voormalige uitblinker-rugbyspeler onthou sal word.

Die Schreüder-familie van die Vaaldriehoek skryf:

Dit is met diepe dankbaarheid vir Jan se lewe maar gebroke harte dat ons hom groet. Jan het sy grootwordjare in Vanderbijlpark deurgebring. Hy was as kind in Laerskool Totius en het in 1967 in Vanderbijlpark gematrikuleer.

Jan het vir Yskor Rugbyklub rugby gespeel en was bekend in Vanderbijlpark totdat hy in 1989 na die Oosrand verhuis het. Sy gesondheid het oor ‘n lang tydperk agteruit gegaan en hy was die laaste maand van sy lewe, tot en met sy afsterwe, in die waakeenheid.

Jan word diep betreur deur sy vrou, kinders, kleinkinders en familie. Sy begrafnisdiens vind plaas op Dinsdag 10 Oktober om 11:00 by Woord en Lewe Kerk Sunwardpark, Boksburg. Nadere besonderhede is beskikbaar by Natascha by 084 558 7595.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button