News

Twee mans dood in motor aangetref

Die liggame van twee middeljarige mans is Saterdagoggend in Heidelberg gevind. Beide het skietwonde aan hul bolywe gehad.

Volgens kapt. Thivhulawi Tshilate is die twee mans omstreeks 07:20 in die Rooikraal-omgewing op die R550 in ‘n wit Toyota Corolla gevind. Drie patroondoppies van ‘n 9mm-pistool  is op die agterste sitplek gevind, vier ander doppies is ook in die voertuig gekry.

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap dat enige persoon met inligting rakende die voorval na vore sal kom.

Twee sake van moord word tans deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button