News

Skote klap in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. - Skote het sopas in Vanderbijlpark geklap na die polisie op 'n beweerde dwelmhuis in De Foreststraat, CW5, toegeslaan het.

Vaalweekblad se joernalis, Jannie du Plessis, is tans op die toneel en was byna in die slag toe die skote afgevuur word.

Sowat 50 Nigeriërs het intussen begin saamdrom en is in opstand teen die polisie.

Volgens inligting is een van die Nigeriërs dood, die oorsaak van sy dood is egter nog onbekend.

Een van die polisiebeamptes het waarskuwingsskote afgevuur, na een van die mans hom glo geklap het. Hy is daarna deur nog van die mans platgetrek en aangerand.

Meer inligting volg binnekort.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button