Hierdie week in die nuus – 18 Oktober
Dié week se uitgawe van Vaalweekblad is nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar - 'n ware winskoop teen slegs R5-40

* Die gevegte tussen Vanderbijlpark se polisie en dwelmhandelaars het die afgelope week ‘n bloedige hoogtepunt bereik. Inwoners eis hul dorp terug van “drug lords” wat die jeug verdorwe.
* ‘n Ma van Meyerton rou oor die vreemde dood van haar seun in ‘n polisiesel.
* Ontmoet Vanderbijlpark se nuwe munisipale bestuurder (dalk kry ons nou weer water- en ligterekeninge, dalk word die slaggate nou reggemaak en dalk begin duisende mense wat tans nie vir hul krag en water betaal nie, nou opdok. Né?)
* Lees hoe gaan dit nou met Werner Pfahl (13), die Vanderbijlparkse seun wat ernstig siek is na ‘n onbekende virus-aanval, en Quinton Meyer (11), wat verlede week amper verwurg het in ‘n fratsvoorval.
* AfriForum-buurtwag bewaak die dorp se begraafplaas sodat inwoners in veiligheid hul geliefdes se grafte kan besoek.
* Hierdie week verskyn die laaste foto’s van Vaalweekblad se groot baba- en kleuterwedstryd. As jou kleinding ingeskryf is, benut die kans om vir hom of haar te stem. Knip die stembriefie uit en pos dit by President Hyper. Dieselfde stembriefie kan gebruik word al het jou kind se foto reeds in ‘n vorige uitgawe verskyn.
* Onthou ook om deel te neem aan ons maklike weeklikse blokraaiwedstryd. Dalk wen jy R1000 kontant, of ‘n R500 geskenkbewys van deelnemende supermarkte!
SPORT:
* Daar was uitmuntende aksie in die Laerskool Suikerbos se Premierliga T20 Blast-reeks wat Saterdag met ’n knal afgeskop het.
* Fotobeeld: Die Hoër Tegniese Skool Vanderbijlpark se jaarlikse binnemuurse hokkietoernooi het vanjaar weer vir groot opwinding gesorg.
* Die Mittal Hengelklub het onlangs ‘n kompetisie by Vaaldam gehou. Lees hoeveel visse het hulle vasgekap!
Hierdie berigte en veel meer in vandag se uitgawe van Vaalweekblad!



