
Volgens inligting het twee mans uit ‘n Mercedes voertuig gespring en op die ander twee in die bakkie begin losbrand.
Beide mans in die bakkie is glo dood.
Die twee wat geskiet het, het weer terug in die Mercedes gespring en gevlug. Hoeveel skote geskiet is, is nog onbekend. Sommige meen hulle het agt tot 10 skote gehoor, terwyl sommige tot 30 gehoor het.
Owerhede is op die toneel en motoriste word gevra om die gebied te vermy.
Meer inligting volg binnekort.



