
Ontevrede van Laerskool Eligwa in Vanderbijlpark skryf:
Vaalweekblad, julle het dubbele standaarde. In die SMS-rubriek bedank iemand julle fotograaf vir foto’s wat julle geneem en geplaas het. Toe ek skakel en vra dat julle foto’s van prestasies by die skool moet kom neem, toe deel julle my mee ons moet self foto’s moet neem en na julle bring. Hoe nou?
* Daar is so baie skole (250 in Sedibeng alleen) en so baie prestasies dat ons handjievol fotograwe nie self by alles kan uitkom nie, daarom het ons ‘n beleid dat skole self foto’s moet neem en aan ons moet e-pos of bring. Wanneer skole ongewone groot nuus het en nie self foto’s kan neem nie, moet julle Vaalweekblad asseblief steeds skakel by (016) 950 7000.
Ons sal dan saam met u planne maak vir deeglike publisiteit. Red.


