News

Twee beseer in transito-rooftog naby Sasolburg

SASOLBURG. - Twee mense is beseer in 'n transito-rooftog wat vanmiddag op die R57, naby Sasolburg, plaasgevind het.

Paramedici van ER24 het omstreeks 15:00 by die toneel aangekom waar hulle die voertuig, op sy kant, langs die pad aangetref het.

Een van die passasiers het ‘n paar meter weg van die voertuig gelê. Daar word vermoed dat hy uit die voertuig geslinger is toe dit gerol het. Hy is per helikopter hospitaal toe gevlieg vir verdere behandeling.

Die bestuurder van voertuig was vasgekeer en gespesialiseerde toerusting is ingespan om hom uit die wrak te bevry. Hy is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy hospitaal toe geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button