Local newsNewsBreaking News
Wegsleepvoertuie ontbied om beswaarmakers se voertuie te verwyder
Wegsleepvoertuie ontbied om beswaarmakers weg te sleep

Vaalweekblad verneem die owerhede in die Vaaldriehoek is besig om wegsleepvoertuie te reël om beswaarmakers se voertuie, wat die R59 naby Redan versper, te verwyder. Omstanders meen egter dit gaan moeilik wees om die sowat 200 voertuie weg te sleep! Midvaal se DA-burgemeester, mnr. Bongani Baloyi, is nou op die toneel om die beswaarmakers se griewe-memorandum in ontvangs te neem. Die groep eis egter ook dat Emfuleni se ANC-burgemeester teenwoordig moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



