News

Vragmotor ploeg in #SwartMaandag motors in

Drie mense is vanoggend beseer toe 'n vragmotor in talle motors tydens die #SwartMaandag-optog, ingeploeg het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 10:40 by die toneel op die N4, sowat 5km buite Middelburg in Mpumalanga, aangekom.

Met hul aankoms by die toneel het drie vragmotors en 10 motors die hele pad blokkeer. Sommige voertuie het ook omgeslaan.

Twee mense het ernstige beserings opgedoen en ‘n derde persoon geringe beserings.

Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.

Luidens die persverklaring het die bestuurder van die vragmotor beheer oor die voertuig verloor.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button