MFC beloon RHR Motors met top-toekenning
‘n Groot eer het RHR Motors in Rhodeslaan te beurt geval toe die onderneming onlangs tydens ‘n toekenningsfunksie van die Motor Finance Corporation (MFC) as wenner in die kleinhandelsafdeling aangewys is
VEREENIGING. – ‘n Groot eer het RHR Motors in Rhodeslaan te beurt geval toe die onderneming onlangs tydens ‘n toekenningsfunksie van die Motor Finance Corporation (MFC) as wenner in die kleinhandelsafdeling aangewys is.
Die groot verrassing en eer is egter die prys vir Algehele Onafhanklike Gebruikte Voertuie-Handelaar van die Jaar 2017.
Hierdie toekenning word jaarliks deur MFC gemaak om erkenning te gee aan Vaaldriehoekse handelaars in gebruikte voertuie.
“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om hierdie toekenning te ontvang, wetende dat daar baie ander goeie en groter handelaars in gebruikte voertuie is,” sê Willem Herbst, eienaar van die onderneming. Hoewel RHR Motors ‘n jong sakeonderneming is, het die besigheid se storie jare gelede begin by ‘n pa, Hansie Roodt, wat sy lewe lank ‘n bekende motorhandelaar was. ‘n Storie wat beskryf kan word met woorde soos familie, omgee, integriteit, goeie menseverhoudings, eerlike transaksies, professionele werkswinkels, uitsonderlike diens en lojaliteit. Met hierdie grondslag het RHR Motors in Oktober 2011 begin handel dryf in gebruikte motors. Twee jaar later koop RHR Motors ook Barwyk Dienssentrum om ‘n uitgebreide diens aan hul kliënte te kan lewer en verander die naam na RHR Dienssentrum.
“Ons fokus is om eerlike sake te doen, die beste moontlike diens te lewer en om te gee. Net soos wat hierdie toekenning vir ons as jong besigheid ‘n ondenkbare was, wil ons graag ons gemeenskap daaraan herinner dat God die gewone gebruik om die buitengewone te doen. “In die begin van die jaar was die Vaaldam so te sê leeg en daar is voorspel dat dit vyf jaar sou neem om weer vol te word, en tog het dit bonatuurlik begin reën en die dam was binne twee weke vol. Dit opsigself gee vir ons hoop. Met genade van Bo is ons in staat gestel om goeie besigheid te doen, selfs in moeilike ekonomiese tye. Dit gee ons hoop binne die Vaaldriehoek om positief te bly en met geloof vooruit te kan gaan, ten spyte van moeilike ekonomiese tye!” sê Willem.
Die onderneming bedank graag al hul kliënte vir hul ondersteuning en nooi mense van die Vaaldriehoek om gerus ‘n draai by RHR Motors te kom maak as hulle op soek is na ‘n goeie gebruikte voertuig, en ook RHR Dienssentrum te besoek as hul voertuie herstelwerk nodig het. Kontak hulle by (016) 421 5186 of besoek die webwerf www.rhrmotors.co.za vir meer besonderhede.



