Volgens Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare 911, het die voorval omstreeks 16:30 gebeur.
Met paramedici se aankoms op die toneel was die bestuurder van die taxi se toestand kritiek en blyk dit asof hy ‘n paar keer geskiet is.
Hy is aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel, maar paramedici kon nie daaraan slaag om hom te resussiteer nie,” sê Dollman.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die taxibestuurder in sy dertigs. Hy is binne die taxi geskiet, maar met paramedici se aankoms op die toneel het hulle hom ‘n entjie weg van die taxi gevind.
‘n Vrouepassasier wat tydens die voorval ook in die taxi was het gesê sy is skrams deur ‘n koeël getref. Paramedici het na haar omgesien, maar sy het verdere mediese sorg van die hand gewys.
Die voorval word ondersoek.



