Sms’e – 8 Julie 2015
Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.
* Hello julle kan iemand my sê of dit wettig is as ‘n besigheid jou ‘n R10 heffing vra as jy kontant betaal? Dit maak vir my nie sin nie. Dit spaar hul bankkoste. Dankie.
* Ek is dringend op soek na ‘n kamer, al is dit ook ‘n buitekamer. Is bereid om R800 te betaal, kry ‘n staatspensioen. Danie. 079 484 2140.
* Debat oor spoed verwys: Dié boodskap gaan aan jou en ander potensiële moordenaars op ons paaie, Vetkoek! Ek wag vir jou en jou suip-asem. GRIMM REAPER at your service.
* Vorige SMS verwys: As jy wil kla oor iemand wat met ‘n windbuks in ‘n woongebied skiet, hoef jy dit nie te rapporteer nie, sê net vir jou mamma daarvan en sy sal als weer regmaak vir haar klein prinses. S.
* Looking for old dial gauge telephones. 083 632 5826.
* Hoe is dit moontlik dat ‘n sekere deel van Arconpark nooit beurtkrag het nie? 082 876 2125.
* To the officer driving van BSH579B on Thu. 25 Jun 2015. Why can’t you wait until you are off-duty and not wearing your uniform before going to the liquor store?
* Baie dankie Duppie van Du Plessis Vervoer, Vaalpark, Sasolburg vir die omgee vir jou medemens en uitstekende diens. Geoff & Hannetjie Blignaut.
* Report in Vaalweekblad refers: I could not believe the cruelty, pain and suffering the boerbok must have endured at the hands of a depraved maniac. We live in a sick society. Jennifer Moolmantt.
* Lesers wees versigtig voor jy ‘n American Battery koop, dit gee nie die beste diens nie.
* Bestiality report: I am so deeply upset by this! May that thing called a human rot in jail and get raped daily! Our precious animals do not deserve to suffer like this. May her little soul rest in peace. SPCA please go all out, and make this thing pay. Melissa van der Merwe.
* Wag nog steeds vir persoon wat aanmerkings maak oor blou bakkie in koerant om my te kontak, of is jy ‘n lafaard? Daar is baie blou bakkies in die dorp. Dankie.
* Well done Gustos take aways in Arconpark – dit is die lekkerste Alfredo pasta in die kontrei! M & C.
* Goeiedag ek het ‘n klein bruin hondjie, as iemand belangstel in hom. Ek het hom gevat van mense wat hom wou weggooi. Indien u belangstel skakel my asb. Ria. 083 256 0127.
* Met verwysing na laasweek se brief van pasiënt in Vdbp. Ek was onlangs vir ‘n rugoperasie by Cormed hospitaal. Wil net graag almal daar bedank vir die uiters puik en professionele behandeling. Trots op so ‘n hospitaal in die Vaaldriehoek.
* Hi ek is op soek na ‘n Louis manspersoon, is ‘n kerkganger by die Baptiste kerk in Sasolburg, hy is werksaam by Kentz en het sy selnommer vir ‘n Le Roux-gesin gegee om vir my te gee. 071 818 0994. Dankie.
* More ek wil net vir al die matriekleerders sterkte toebid vir hul laaste eksamens wat voor die deur is veral vir my kleinseun en sy maats. Van ‘n ouma wat omgee vir al haar kleinkinders en sommer al die wat nie ‘n ouma het om vir hulle te bid nie. Dankie vir ‘n koerant wat ook omgee vir ons kinders.
* Ek wil net dankie sê vir my wonderlike man Roux. Dankie dat ons saam kan staan in als, baie lief vir jou. Jou swartkop wat al grys geword het.
* Hallo ek is op soek na babahondjies, verkieslik klaar ontwurm. Dit moet egter ‘n gratis skenking wees asb. en in Sasolburg-area. 071 818 0994. Baie dankie.
Vaalweekblad raai hondeliefhebbers weer eens aan om doodseker te maak van die omstandighede voordat u hondjies gratis weggee.
* Kan die mense wat die Vaal Mall so verander, nie petrolpompe en ‘n karwas ook daar maak nie? Vra maar net.
* Kan iemand my sê wanneer gaan die petrolstasie langs Alex weer oop wees? Ons plotmense sukkel, want Jordaans het die meeste van die tyd nie petrol nie.
* Sal die persoon wat die sitplekskulpe vir saalstoele verskaf asseblief kontak maak met Laerskool Noordhoek in Vanderbijlpark? (016) 933 3109.
* Graag wil ons net vir Elmanje Potgieter en Johannes de Wet van ER24 baie dankie sê vir hul flink optrede Sondagoggend met my vrou, asook Mediclinic Vereeniging se personeel van die noodeenheid. Leon en Karin Wilken.
* Die e-tol is darem ‘n lekker sisteem, jy kry kastig afslag as jy voor ‘n sekere datum betaal, maar jy kry ‘n rekening lank na daardie datum? So wat se afslag word dan nou gegee? Net soos met die 30 gratis ritte, as jy 31 gaan ry, dan moet jy vir alles betaal? Nou wat is dan nou gratis? Wie wil hulle om die bos lei met sulke besluite?
* Meneer Sipho Edward, id no 8205205543082 ek het jou id boek opgetel in Vereeniging. Karen. 076 311 75075 (jou nommer is te lank – Red).
* Hulle moet maar die mense se e-tol geld ook afskryf soos wat hulle die nie-betalers se kragrekenings al vir jare afskryf. Hoekom moet net ‘n sekere groep betaal?
* Jy wat in Adam Tasstraat bly wat dagga en tik verkoop aan mense. Jy loop op dun ys.
* Ek is dringend op soek na miniatuur Engelse Bulldogs. 073 214 9129.
* Dagsê, het iemand ‘n cutting torch wat u nie gebruik nie? Sal betaal as dit nie te duur is nie. Pensioenaris. 082 425 9955 of (016) 455 5474. Dankie.
* Vanderbijlparkers… wees asseblief versigtig vir sekere eiendomsagente in Vanderbijlpark. Hulle belieg en bedrieg ‘n mens.
* Ek soek dringend ‘n woonstel vir pensioenarisse met veilige parkering. Kan R2 500 betaal. Ek is ook op soek na veilige parkering vir my bakkie en trailer in CW2. Sal betaal. Dis dringend asb. Jacky. 073 446 2504.
* Dis strooi dat Eskom vir twee weke plus die krag wil afsit om die publiek te boelie en die ekonomie in duie te laat stort, ek sal hul bestuur uitwis met ‘n smile. Dit gesê terwyl hulle vet winste maak en koek vreet terwyl die einste mense wat hul koffers vul gestraf word. Vervloek is Eskom en sy meelopers vir ‘n duisend jaar.
* Ek het Kollegepark skoolklere vir ‘n dogter. Ouderdom 6-9 jaar. Kan my WhatsApp by 079 521 6086.
* Ek het baie ou koerante om weg te gee, asook tydskrifte in baie goeie toestand teen R10 elk. WhatsApp my by 079 521 6086.
* Ek het twee teefhondjies, 9 weke oud. Eet pellets en water of melk, vir goeie huise. Spelerig en mooi geaardheid. Ons is langs Vaalrus vakansieoord naby Barrage Polisiestasie. Wil hulle nie laat uitsit nie. Goeie geaardheid en liefdevol. Susan du Plessis. 073 143 3220.
* Wil net almal laat weet wat belangstel om Kruiskyk kanaal te sien, kom saam met E-tv se dekodeerder.
* Ek het ou elektriese toestelle. As iemand dit wil hê, kom haal dit. 083 657 9696.
* Ek soek die eienaar van plot 171 Petuniastraat Lindequesdrift, Vaaloewer en soek dringend na mnr. Bu(i)ll, plot 165 Lindequesdrift, dis baie dringend. 071 033 8137.
* Hallo Vaaldriehoekers. Ek is ‘n karwag. Ek wil graag vir myself ‘n beter werksgeleenheid skep, maar ek kort ‘n sweismasjien, boor en ‘n grinder. As die publiek my kan help deur dit vir my te skenk sal ek dit baie waardeer. Johan. O62 049 3221.
* Hello ek is op soek na ‘n ou vistenk, maak nie saak in watter toestand nie. Baie dankie. 071 773 8540.
* Vetkoek, ek ken jou goed. Jy hou jouself verniet so hoogmoedig. Jy jaag seker na jou volgende afspraak, dis mos waarin jy goed is. Jaag maar, jy sal jou dag kry. Bokkie.
* Ek is nou al mooi g@tvol om die water- en ligte kantore te bel en die foon bly beset lui. Ek wonder of hulle nie die fone van die mikkies afhaal nie?
Groete, Oom Kalimarie.
* Berig oor doktor se aanhouding: Ek dink dis meer as tyd dat ons, die publiek, ‘n organisasie stig om ons te beskerm teen die polisie. Veral as hulle jou snags aanval. Mense wat kan ondersteun, reël vir regshulp en so meer. Wat dink die lesers? Willem.
* Ek is op soek na die boek Siener van Rensburg. Dit is ‘n bruin sagteband geskryf in die sewentigs. Ek dink die skrywer was ‘n Snyman. Sal betaal. 072 319 6292.
* Hi wil net vir die begrafnisondernemers wat die Scheepers-begrafnis gedoen het sê dit was puik. Dit was so stylvol met groot respek en waardigheid.
* Navraag oor konfytpasteitjies: Konfyt sal nie uitkook as die konfyt eers in mikrogolf warmgemaak word nie.
* Ons is op soek na enige ou LP’s enige tipe musiek kontak asb. vir Dion. 076 824 3815 of Arnold 079 568 0211.
* Aan “iemand wat dit verdien” (in verlede week se Vaalweekblad); jy is net so lafaard – hoekom sit jy nie jou naam by nie, want jy is bang dalk is jy/julle die oorsaak, en die ander persoon moet net alleen die blaam vat. En hoekom het jy nie die guts om dit in daardie persoon se gesig te sê nie. Jy’s ruggraatloos!!
* Baie opvallend, wonder wat gaan aan met ‘n bande plek naby ’n groot winkelsentrum en ander takke wat nie mense kan hou nie. Iewers is iets groots fout!
* Pasteitjies: Hallo jy moet jou klontjie konfyt eers in ‘n bietjie meel rol, dan sal dit nie uitkook nie. Anamari.
* Daar is mense in die Polisie wat besig is om onskuldige mense te treiter.
* Hapiness is…’n toilet wat werk. Die mislikepaliteit het sewe dae gevat om die riool by ons bvlyplek oop te maak. Intussen by bure gaan kuier. Skande!
(Ons hoop julle sit teen dié tyd weer lekker op jul eie troon. Geniet dit! Red)
* Verban cell phone by haarkapper, klante word nie raakgesien.
* Hi oom Kalimarie, dis Bianca en Chrissie, ons geniet jou sêgoed, dis darem beter as al die ane mense wat altyd so moan en groan, ons like jou, hou so aan.
* Raad vir konfyt wat uitkook by tertjies. Plaas die kant wat jy toedruk na die deur se kant toe. Lekker bak hoor.
* ’n Vorige SMS verwys: Ou Top, miskien moet jy jou seun bring om my te probeer bl*ksem of anders moet ek en oom Kalimari bymekaar kom en jou en ou Louis klakous opd*nner. Vetkoek.
* Ou Willem baie dankie vir die wyse woorde, jy klink na ‘n eerbare man, wil jou net reghelp met een ding: omtrent elke tweede ou in die Vaal se naam is Willem, so eintlik kruip ons saam weg agter ‘n skuilnaam.Vetkoek!
* Ek het met Tina gesels by President Hyper, ons het gepraat oor haar seun en my kleinkind wat dood is in ongelukke! Ek dink haar seun was 19, my kleinseun was 23. Kan Tina my skakel asb? (082 080 7645)
* Vorige skrywe van valskermsoldaat in Vereeniging. Sal hierdie soldaat asb. vir Derick, die vlieënier wat afgeskiet is, kontak? Sal graag met jou wil gesels!! Derick. 078 331 2887.
* Pasteitjies: Roer gewone koekmeel by jou konfyt in. Dit sal dan nie uitkook nie! Groete. Ina van Rensburg. Oranjeville. Lekker bak. Laat weet of dit werk? Vroue Landbou-unie wenk.
* Dié is aan al die orige manne van Porra town: jul vat ons dames maar laag, as ons n lift wou gehad het winkel toe, sou ons taxi ry, liefste. Sarie Malan van Langenhovenstr.
* Baie dankie aan die Emfuleni-span werkers wat gesorg het dat ons weer krag het in Fresnelstr. Sou graag elke een persoonlik wou bedank. Mev. X.
* Ek is asb. op soek na bekostigbare, veilige staanplek rondom Vanderbijl vir ‘n ponie. Corene. 082 321 6461.
* Om te verhoed dat konfyt by tertjies uitkook, moet jy nie smooth apricot jam gebruik nie! Kyk na ‘n konfyt met ‘n growwer struktuur.
Ons oumas het hulle eie konfyt gekook! Wat jy nog kan doen ook is om lemoenkonfyt – omtrent ‘n derde deel daarvan – met die appelkooskonfyt te meng! Vertrou dat jy nou sukses sal hê. Geniet die gebak! Jurg.
(Dat ’n man nou wraggies ons vroue moet kom leer, maar ons sê baie dankie! Red).
Hulp gevra:
* Hi mense ek vra asb. vir hulp ek is enkel vrou het nie inkomste nie, sukkel baie. Ek wil net hoor of iemand my kan help met my kar se ratte, hy wil nie in rat ingaan nie, asb mense ek sukkel, bly in Vanderbijlpark op plotte, sal hulp waardeer. Magda. 079 744 0697.
* Goeie dag, ek kom vra vandag uit die diepte van my hart of daar ‘n barmhartige samaritaan is wat ‘n enkel mamma kan help met vervoer. Ek is dringend op soek na ‘n kar of bakkie wat ek by iemand kan koop wat ek maandeliks kan afbetaal. 076 162 7455. Dankie.
* Vra asb. of daar nie iemand is wat ou klere vir my het nie? Is pensioenaris en bedleênd, wil Bybelblok invul. Baie dankie. 076 851 0717.
* Goeie dag…ek rig ‘n versoekie vir ‘n enkelmamma van 2 kindertjies wat vreeslik swaar kry. Sy woon in ‘n buitekamer waarin hul moet slaap (bedrading onveilig, stort buite die kamer en geen beligting nie).
Daarin moet sy haar stofie, yskas en klerekas pas, wat maak dat hul skaars beweegspasie het.
Sy sukkel selfs om genoeg voedsel en medisyne vir haar kinders te bied.
Die kamer is naby Checkers in Arconpark, naby die skooltjie waar sy werk. Weet iemand dalk van ‘n beter woonplekkie wat nie m



