News

Drie in hegtenis na polisie op dwelmlaboratorium toesak

Danksy die publiek kon die polisie daarin slaag om drie verdagtes in hegtenis te neem na hulle Sondagaand 'n dwelmvervaardigingslaboratorium ontdek het.

Volgens kapt. FC van Wyk het die Milnerton-polisie ‘n leidraad van die publiek oor beweerde dwelmverwante aktiwiteite in Dilutaweg in Sunset Beach, Kaapstad ontvang.

10 Polisiebeamptes het die perseel net na middernag deursoek en op vier Mandrax-tablette, drie Ecstasy-tablette en ook magic mushrooms afgekom.

‘n Geheime laboratorium met verskeie chemikalieë en dwelms is ook in een van die kamers gevind.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 22, 38 en 53 sal na verwagting Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button