NewsNews

Twee mense dood in Sasolburg-ongeluk

SASOLBURG - Twee mense, waarvan een 'n kind is, is Vrydagaand dood toe 'n vragmotor en twee motors op die R57, by Sasolburg, in 'n botsing betrokke was.

Drie ander mense is in die ongeluk beseer.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, het paramedici net na 19:00 by die toneel aangekom. Met hul aankoms was twee van die mense, ‘n volwassene en kind, noodlottig beseer.

Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hulle kon doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die ander drie pasiënte is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button