CommunityNews

Vrou sterf in botsing met trok

Die voorkant van die motor was onder dié van die trok vasgedruk

‘n Vrou het vanoggend (29 November 2017) op die Ventersdorppad, sowat 15 km buite Potchefstroom, gesterf nadat haar ligte motor en ‘n trok gebots het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici van dié nooddiens vanoggend 07:40 op die toneel aangekom en gesien dat die motor en trok albei aan die kant van die pad gestaan het. Die voorkant van die motor was onder dié van die trok vasgedruk en die vrou was steeds in haar voertuig vasgeklem. By nadere ondersoek het die nooddienspersoneel gevind dat die vrou reeds aan haar beserings beswyk het. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die brandweerdienste moes spesiale toerusting gebruik om die voertuig oop te buig om haar liggaam te bevry. Die bestuurder van die trok is ondersoek maar het beserings vrygespring. Die oorsaak van die botsing is nog onbekend maar die betrokke plaaslike owerhede was op die toneel om die omstandighede te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button