CommunityLocal newsNews

Goue Driehoek met Presidentstrofee vereer

Die Goue Driehoek Sakekamer spog vanjaar met die SBI (voorheen AHI) se toptoekenning as Sakekamer van die Jaar in die Diamant-kategorie (Presidentstrofee).

 

Retha Fitchat

Die Goue Driehoek Sakekamer, wat sakelui van Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg insluit, spog vanjaar met die SBI (voorheen AHI) se toptoekenning as Sakekamer van die Jaar in die Diamant-kategorie (Presidentstrofee).

Die toekenning is onlangs by die SBI se gala-dinee by die Indaba-hotel in Sandton aan die Goue Driehoek Sakekamer se bestuur oorhandig. Die hoofkriteria was die mate waarin sakekamers by hul gemeenskappe betrokke is, en hier het die Goue Driehoek kop en skouers uitgestaan.

Dié sakekamer is bekend daarvoor dat hulle nie net plaaslike sakelui se belange bevorder nie, maar ook ‘n aktiewe rol speel in onder andere Vaaldriehoekse munisipaliteite, opleidingsinstansies en welsynsorganisasies.

Mnre. Klippies Kritzinger, uitvoerende bestuurshoof, en Stefan Olivier, voorsitter van die Goue Driehoek Sakekamer, sê hulle is baie trots op dié prestasie en is dankbaar vir die uitmuntende samewerking, geesdrif en ondersteuning wat hulle van die kamer se 261 lede ontvang.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button