Slaggate op Rand Water-pad ‘n bron van kommer
Mense wat motorfietse ry, gaan mos vreeslik seerkry.....
Bekommerde motoris van die Vaaldriehoek skryf:
Ek het besluit om vandag oor dié pad te skryf en ek hoop regtig dit haal die voorblad, want iemand gaan verongeluk en dan het ek net anderpad gekyk, my kop geskud of geswets.
Die meeste van ons ry gereeld in Barrageweg vanaf Vanderbijlpark na Vereeniging – die Rand Water-pad. Duisende mense gebruik daagliks daardie pad.
Hoe is dit moontlik dat daardie groot slaggate in die pad nie toegemaak word nie? Skaduwees veroorsaak dat jy glad nie die groot gate kan sien nie – en wat nog te sê snags!
Mense wat motorfietse ry, gaan mos vreeslik seerkry.
Hoekom moet ongelukke of dood eers gebeur voordat daar iets gedoen word?
Asseblief, Vaalweekblad, sit dit op die voorblad. Dalk sal die bankrot munisipaliteit dan iets daaraan doen.



