NewsNews

21 Beseer in ongeluk

21 Mense is beseer nadat 'n bakkie en afleweringsvoertuig vanoggend in 'n botsing betrokke was.

Paramedici van ER24 het net voor 07:00 by die toneel op die R21, naby die Olifantsfontein-afrit tussen Kempton park en Centurion, aangekom.

Die bakkie, afleweringsvoertuig en sleepwa was in die middel van die pad. Die passasiers wat agterop beide voertuie gesit het, het op die toneel rondgeloop. Paramedici het die passasiers ondersoek en bevestig dat hulle slegs ligte beserings opgedoen het. Hulle is na verskeie hospitale geneem vir verdere mediese sorg.

 

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het niemand ernstige beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button