
Onbeskermde Suid-Afrikaner skryf:
Dis ‘n lekker land van ons, jy moet ‘n krimineel word en jy moet ‘n buitelander wees, dan het jy al die beskerming en voorregte wat Suid-Afrikaners nie eers het nie, inteendeel, jy het meer beskerming en voorregte as die belastingbetalers van Suid-Afrika. Hulle weet ook hulle kom niks oor nie, dis hoekom hulle maak wat hulle wil, en so arrogant is. En hulle gaan mos nie tronk toe nie, nee hulle gaan na vyfster hotelle toe, wie gaan nou bang wees daarvoor?
Almal het reg en toegang tot jou goed en jou lewe, behalwe jyself, die eienaars. Dis ‘n skande. Maar dis die Antichris wat wetteloosheid bevoordeel.


