Local newsPhoto GalleriesSchoolsSportSportSport
Vier Vaaldriehoekers speel rugby in Engeland
Vier Vaaldriehoekers speel rugby in Engeland
VANDERBIJLPARK. – Die o/17 Prestige Jeugsport SA Rhino rugbyspan is tans op toer in Engeland, Skotland en Wallis.
Vir die vier jong manne is dit ‘n groot eer, nie net vir hulself nie maar ook vir die Vaaldriehoek om deel te wees van die ervaring. Hulle het hul eerste wedstryd gespeel op Maandag 4 Desember teen Cantenbury Academy en met 33-12 gewen.



