CommunityLocal newsNewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

Donker kersfees vir hoewe-eienaars

Donker kersfees vir hoewe-eienaars

VANDERBIJLPARK. – Om ‘n paar uur of ‘n dag sonder krag te wees is reeds ‘n dilemma vir meeste huiseienaars en besighede maar sewe dae sonder krag is heeltemal onaanvaarbaar.
Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se verskoning ‘n week later: “Ons sluit Vrydae vroeg en ons werk nie oor naweke”. Die werklike rede is egter dat hulle moet ‘n kontrakteur aanstel om die fout te soek en daar is nie geld nie.
Dit is die dilemma wat inwoners van Mantevrede en Lasiandra kleinhoewes mee sukkel en meer spesifiek Friedmanstraat en Joubertstraat. Volgens inwoners en besigheidseienaars sukkel hulle alreeds meer as ‘n maand met krag wat gereeld af is. Saterdag se kragonderbreking het egter gekom en nie gegaan. Vandag, 8 Desember, amper ‘n week later en derduisende rande se skade met kos en brandstofrekenings vir kragopwekkers, sit inwoners en besighede nog steeds sonder krag.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN 13 DESEMBER.

Vakmanskap is seker nie een van die beste eienskappe, indien enige, van ons plaaslike munisipaliteit nie. Drade hang los, toesluitkaste val af, geen wonder daar is nie krag. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button