NewsNews

Vaal-ongeluk eis tweejarige

SEBOKENG. - Drie mense is dood en ses beseer na 'n kop-teen-kop botsing vanoggend op die R558 in Sebokeng.

Een van die oorledenes is ‘n tweejarige.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel het hulle die twee voertuie aan die linkerkant van die pad gevind. Beide voertuie het erge skade gehad.

In een van die voertuie was ‘n vrou en tweejarige seun vasgekeer en in die ander voertuig ‘n man. Al drie het reeds aan hul beserings beswyk en paramedici kon ongelukkig niks vir hulle doen nie.

Vyf ander pasiënte, insluitend ‘n 12-jarige het ligte tot kritieke beserings opgedoen.

Die 12-jarige het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter hopsitaal toe geneem vir verdere mediese sorg. Die ander pasiënte is per ambulans hospitaal toe geneem.

Volgens ER24 is ‘n ander kind voor hul aankoms by die toneel ook hopsitaal toe geneem.

Gespesialiseerde toerusting is ingespan om die oorledenes uit die wrakke te haal.

Die voorval word ondersoek.

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button